Welkom by Doemdoemsies KleuterKampus

Hartlik welkom by Doemdoemsies Kleuterkampus. Ons is opgewonde en vol entoesiasme oor julle as ouers se kosbaarste besittings waarmee julle ons vertrou. By Doemdoemsies skep ons ’n kindervriendelike, tog leersame atmosfeer waar u kind die geleentheid kry om optimaal te ontwikkel. Elke kind word as ’n individu hanteer en ek stel die optimale ontwikkeling is ons eerste prioriteit. Dit, terwyl hulle elke oomblik daarvan geniet.

Ons Missie

  • ’n Veilige huis vir u kind

  • Gesonde en konstruktiewe sosiale interaksie te verseker deur spel

  • Kleuters geestelik, emosioneel, liggaamlik en intellektueel voor te berei vir die buitewêreld

Ons Visie

By ons kleuterskool word kinders gevorm in ’n omgewing van liefde, geloof en veiligheid. Hier groei hulle geestelik, emosioneel, liggaamlik en intellektueel, terwyl hulle die wêreld ontdek deur spel, leer en sosiale interaksie.

Elke kind word geleer van God se liefde, en hier word hulle harte en gees gevorm om vriendelik te wees en altyd respek vir ander te hê.

Doemsie­maats het selfvertroue, is vol vreugde en het ’n stewige fondament van Christelike waardes, wat hulle gereed maak om die wêreld met geloof en insig tegemoet te gaan.

Doemsiemaats is FLINK in hul DOEN en DINK